Bosjes is al bitter lank een van my mees geliefkooste plekke om te besoek, dis n plaas wat omskep is in n argitekturele kunswerk in die Breedekloof vallei wat boonop die lekkerste kosse bedien. Maar selfs dan is dit meer as 'dit'. Want daar is ook n spa, tuine en n gastehuis, fine dinning maar ook n hoekie vir pizza en burger lovers en natuurlik die bekende trou chapel wat letterlik argitek pryse gewen het...Bosjes is net soveel meer, n plek wat jy self moet ondervind.
Hulle het hierdie naweek hulle eerste markdag gehou en dit was n hele vibe...daar was n trekter ride en Jelena proteas picking wat regtig iets anders om te ondervind, waarna jy tussen stalletjies kon dwaal en heerlike brode, kosse, wyne kon koop. Hulle spens was omskep in n kuier area met tafels en stoele, live music in die agtergrond, gesinne en vriende wat duidelik elke oomblik nes ek geniet het en laat ons nie die vriendelik werkers vergeet nie.
Ek hoop hierdie markdag is die eerste van vele om te volg.
Comments