Yzerfontein se Lula's

In my hart het ek 'n baie sagte plekke vir die weskus en sy dorpies, nou is Yzerfontein beslis een van daardie dorpies, Yzerfontein jy was goed vir ons hierdie valentine's dag. Hierdie dorpie laat my dink aan Clifton beach met massiewe standhuise teen sy heuwels en die mooiste view oor die see. Dis 'n perfekte plek vir die kinders om te baljaar in die yskoue see water en om agterna die lekkerste varsste seekos te eet. Om eerlik te wees was Lulas, 'n klein Mediterranean pub resturantjie wat sommer daar by die beach sit nie my eerste keuse vir n valentine's sunday lunch nie, maar ek het mos n vleisetende man wat nie  baie omgee vir seekos en sy vrou wat eintlik meer exotic wil wees nie...so ek het dik bek maar gesettle by Lulas want hulle het ietsie van als en boy het hulle my expectations oortref. Die heerlikste varste oysters, sagsoet en seesouterig op die tong. Die kreefstert en prawn special wat bedien word op geurige rys was net so lekker, als so vars garlicy lemony yummy. My man was netso in sy skik met sy calamari en ribs wat regtig 'fall of the bone' was (netso by the way dis hoe jy weet ribs is great: 1. wanneer dit na jou tafel toe kom en dit is glansig bruin van die basing sous, nie 'n vaal kolletjie in sig 2.Jy kan die mes net deur trek om die ribbetjies los te maak van mekaar, niks van sny nie en laastens jou vyfjarige en sy pa tackel mekaar amper oor wie se ribs dit eintlik is lol). Hulle het ook heerlike pizza's vir kinders en 'n hele verskeidenheid dishes, regtig 'ietsie van als'....so ja Lula's julle het ons valentine's sommer stunning gemaak met julle vriendelike waiters ingesluit! Baie beslis 'n plek wat ek weer wil besoek!

Comments