Bosjes is een van daai plekke wat ek vir so lank al wou besoek het en hulle het glad nie teleurgestel nie, defnitief worth the hype. Die Bosjes plaas met sy chaple en tuine en water features is stunning en die \"kombuis\" restaurant gedeelte was uit die boonste gestooltes met passievolle werkers en n bestuur wat ons sonder booking met oop arems verwelkom het! Die menu is klein maar gekonsentreerd in smaak en looks, die kos was pragtig voorgesit met herbs wat jy kan sien vars uit die Bosjes tuin kom. Die salmon roulette en vark terrine mag dalk petite in voorkoms wees maar dis rich en vullend, perfek vir n brunch...oh natuurlik met truffle baby potatoes op die side. Bosjes het beslis al my expectations gereach and then some more...
Comments