Die Iziko Museum in die Kaap perfekte plek om kinders te neem vir n dag uitstappie maar ook terselfde tyd iets te leer.
Ek is al ewig opsoek na nuwe dinge en plekke om my kinders te stimuleer, wat hulle kennis bietjie meer sal verbreed en om eerlik te wees my eie nuuskierigheid ook kos te gee. Dit was my en die boys se eerste keer by die Iziko museum in die Kaap en dit was baie intresant. Vloer op vloer met allerhande dinge om te sien van diere, dinosaurs fossils, 'n verskeidenheid gesteentes en tonne geskiedenis van ons land en nog soveel meer. Dit is so n jammerte dat daar nie meer museums is en ook dat museums oor die algemeen nie baie aandag geniet nie. By die museum is die planetarium ook wat sekere tye het wanneer hulle oop is. My kinders is netso nuuskierig soos hulle moeder so hulle het elke oomblik geniet, dit is eerlik waar n goedkoop manier om hulle vir ure besig te hou en terselfde tyd iets te leer. As jy nog nooit die Kaapse museum besoek het nie beveel ek dit beslis aan.
Comments