'n Olifant verjaarsdag vir my birthday boy.
Ek is nie n baie groot fan van verjaarsdag partytjies of eintlik maar enige groot "partytjie"van enige aard, defnitief die anti-socialist in my...so wanneer dit kom by dinge vier soos verjaarsdae of moedersdag of wat ook al verkies ek om saam met my naastes iets spesiaal te doen of erens nice of nuuts te gaan. Dus vir my jongste se verjaarsdag wou ek hom baie graag die olifante gaan wys in knysna, my kinders love die buite lewe en om op avonture te gaan.
Ons het besluit op Elephant sanctuary in Plettenberg, eerlik waar n asem rowende ondervinding om hierdie groot diere te sien, te vat aan, te voer...net te belewe. Hulle is so mooi, so groot, bietjie vrees aanjaand om die waarheid te sĂȘ maar in dieselfde asem kry mens n gevoel van sagheid en vriendelikheid vanaf hierdie reuse. Die toergitse is duidelik baie bekwaamed en deur die hele ondervinding het ons veilig en gerus gevoel onder hul toesig. My kinders het elke oomblik geniet, om kos reg te kry vir die olifante, om aan hulle te vat, te voer, als.
Al ding vir my is net dat ek dink hulle pryse is effens overpriced, hulle is amper 5 keer duurder as enige ander 'dierepark' wat ek al ooit die kinders heen geneem het. Ek verstaan natuurlik dit kos geld om plekke soos hierdie te onderhou maar ek dink net vir normale mense soos ek is dit nogal baie geld en veral as jy amper 6 ure moet ry om daar te kom. Maar ongeag sal ek dit defnitief weer doen net om my boys se gesigte te sien, die opgewondenheid en dit is regtig n ongelooflike belewenes.
Comments