Brenton Bushbuck Lodge is n pragtige, baie bekostigbare twee slaapkamer huisie met sy eie ingang aan die onderkant van die hoofhuis, waar die eienaars woon.
Eerstens die eienaars is baie lieflike mense wat ons met ons aankoms baie welkom laat voel het en wat meer as eenkeer aangebied het om ons die Brenton seaview te wys. Dit is n self catering huisie, wat netjies, skoon en regtig ingerig was met als wat jy sou nodig kry. Met aankoms het daar vir ons n ciabatta broodjie met botter en brie gewag op die tafel...oh en n bottel witwyn in die yskas, nog klein details wat vas gesteek het by my was die vars laventel en Lindt truffles op die bed, dit is sulke klein goedjies wat uitstaan. Ek persoonlik verkies n selfcatering plek omdat ons twee besige seuntjies het wat spasie, oop lug en hardloop area nodig het, ook vir privaatheid en die vryheid om te kom en gaan op ons eie tyd. Die lodge met sy eie ingang en pragtige tuin was perfek vir hierdie rede, al is dit nie n alleen staande gebou nie het ons steeds ons eie privaatheid gehad om te kom en gaan, en die kinders het die tuin en watervalletjie baie geniet.
Brenton self is n pragtige gedeelte langs knysna, groen bosse waar jy kyk en n asem rowende see uitsig met die mooiste mosaic werk op al die tafels en banke langs die see uitsig. Ek kan regtig verstaan hoekom hierdie streek die "garden route" genoem word, want dit is een groot bebosde tuin met huisies wat oral tussen in uitloer. Pragtige plek met so baie om te doen, ek wil dit defnitief weer besoek in die toekoms.
Comments